Jan Jan Jan, Boerboel Wear se eie ‘Boere Boyband’ het aan die einde van 2019 naam gemaak met hulle stywe broekies, tweekleur hemde en eerste enkelsnit genaamd, ‘Wys jou Vleis’.

Saam met Jan Jan Jan het jy al vleis gewys, mielies gegooi en Boer gebly en dit is duidelik dat daar geen keer is aan hierdie groep soos wat een na die ander video etlike miljoen kyke inpalm nie!

Maar vir nou is dit alle grappies op ‘n stokkie wanneer die manne vir ‘n oomblik ernstig raak. Om trots te wees op jou taal, kultuur en jou land kan soms in die hedendaagse wêreld uitdagend wees, maar ons 3 Janne stel ons almal gerus in ons nuutste enkelsnit – ‘Die RSA is in my DNA‘.

Hierdie lied vertel ‘n storie van ‘n volk wat al vir eeue lank aan die Suidepunt van Afrika saai, bou, moed hou en vertrou – deur oorloë, teëspoed en talle ander uitdagings! Na bykans 4 eeue, het hierdie land deel van ons DNA geword, ongeag waar voormalige landburgers hulle tans bevind in die wêreld – Suid-Afrika bly ons huis!

Luister op jou gunsteling platform

Click op die onderstaande omslae om die betrokke liedjie te luister op jou gunsteling platform.