Helpende Hand het saam met Jan Jan Jan en Boerboel Wear ʼn veldtog van stapel gestuur – ʼn veldtog van hoop, ʼn lied van behoort, ʼn dokumentêr van terugkyk op die verlede en in geloof vorentoe stap met moed en hoop.
Paul Kruger se woorde: “Want wie vir hom ʼn toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie,” lê diep gewortel in ons dokumentêr.
Geniet saam met ons hierdie terugkyk na jou herkoms en wees vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika. En as jy sukkel, weet daar is meer as 25 instansies in die Solidariteit Beweging om jou hand te vat en jou te help of by te staan.
Geniet gerus die dokumentêr:
Skaf een van hierdie spoggerige t-hemde aan en wys met trots waar JY gewortel is.
R20 van elke t-hemp te verkope word geskenk aan Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Limited Shipping Offer - Free Shipping on all orders above R1500