BEPALINGS EN VOORWAARDES: BOERBOEL WEAR ‘BOERBOEL BENE’ KOMPETISIE 2025

1. Aanbieding – Hierdie kompetisie word deur Boerboel Wear PTY (LTD) aangebied en is oop vir alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 16 jaar.

2. Aanvaarding – Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van ‘n inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir alle deelnemers, sowel as die wenners.

3. Om in te skryf¸ stuur ‘n e-pos met EEN gesigfoto en EEN vollengte foto van jouself, tesame met jou kontakbesonderhede, plek van woning en ouderdom na: bulle@boerboelwear.co.za

4. Die kompetisie bestaan uit twee kategorieë

a. Kategorie 1 is vir die Bulle vanaf ouderdom 16 jaar.

b. Kategorie 2 is vir Asters vanaf ouderdom 16 jaar.

5. Die wenners sal verantwoordelik wees vir alle reiskostes om beskikbaar te wees vir ‘n voldag fotosessie wat in Pretoria sal plaasvind.

6. Geen direkteur, lid, vennoot, werknemer of agent van Boerboel Wear (enige iemand wat regstreeks of indirekte reklame vir die kompetisie doen, dit borg, organiseer of bestuur, of tot wie se voordeel die kompetisie gepromoveer, geborg, georganiseer of bestuur word) mag vir hierdie kompetisie inskryf nie. Dit sluit ook enige verskaffers van goedere of dienste wat met ’n kompetisie verband hou in.

7. Inskrywings foto’s word die eiendom van Boerboel Wear en kan gebruik word op Boerboel Wear se Sosiale Media platforms wat Facebook, Instagram en TikTok insluit.

8. Boerboel Wear hou die reg voor om enige foto’s te gebruik in die Media, sou die geleentheid homself so voordoen.

9. Geen finaliste het die reg om enige persverklarings uit te reik sonder die toestemming van Boerboel Wear nie.

10. Wenners sal eers telefonies in kennis gestel word, waarna dit op Facebook en Instagram bekend gemaak sal word – TikTok is nie by die aankondiging ingesluit nie.

11. Die wenners sal toestem dat die betrokke foto’s gebruik kan word op Boerboel Wear se sosiale media platforms, sowel as in enige ander advertensies van Boerboel Wear wat op enige ander platform/kanaal mag verskyn.

12. Die finale VIER finaliste, in elke kategorie, word deur Boerboel Wear self gekies, waarna die publiek vir die finale wenner op Boerboel Wear se Facebook en Instagram platforms sal stem.

13. As die wenners hulself op enige manier handhaaf wat nie in lyn is met die etos van Boerboel Wear nie, sal hulle gediskwalifiseer word en ‘n naaswenner sal gekies word. In so ‘n geval sal alle pryse ten volle terug besorg word aan Boerboel Wear, waarna dit aan die naaswenner oorhandig sal word.

14. Indien jy die wenner is, gee jy toestemming dat jou naam gepubliseer mag word en dat Boerboel Wear jou foto’s kan gebruik ten alle tye. As wenner word daar ook van jou verwag, om binne redelike perke, ons produkte te onderskryf en te promoveer waarvoor GEEN geld betaalbaar sal wees nie.

15. Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van ‘n inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers.

16. Boerboel Wear in nie verantwoordelik vir enige beserings of skade van enige aard wat voortspruit, tydens of na die afloop van die kompetisie vir enige deelnemer aan hierdie kompetisie nie. Dit sluit ook die wenners van die kompetisie in.

17. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie en is nie oordraagbaar nie.

18. Die afsnydatum vir hierdie kompetisie is om middernag, 31 Mei 2025. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die vier finaliste in elke kategorie sal kort daarna op ons sosiale media platforms verskyn, waarna die publiek vir die wenner kan stem. Die wenners word op 13 Junie 2025 bekend gemaak. Die uitslag van die publiek se beslissings is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

19. Deelnemers moet verkieslik inwoners van Suid-Afrika wees. As jy woonagtig in Namibië is en graag wil inskryf vir die kompetisie, let wel dat jy vir alle reiskostes verantwoordelik sal wees as jy wel as ‘n wenner van die kompetisie gekies word. Maak ook seker dat jou paspoort in orde is, alvorens jy inskryf.

20. Daar word verwag van die finaliste, hulle vriende en familie om op te tree in die gees van goeie sportmanskap. Enige kommentaar of inmenging in die stem proses wat onvanpas of onwelvoeglik is, sal nie geduld word nie en mag lei dat ‘n finalis gediskwalifiseer kan word.

21. Boerboel Wear behou die reg om die bepalings en voorwaardes vir die kompetisie te wysig ten enige tyd en sal dit publiseer op ons webblad – www.boerboelwear.co.za.

© 2024 Boerboel Wear (Pty) Ltd. | All Rights Reserved.

Limited Shipping Offer - Free Shipping on all orders above R1500