BEPALINGS EN VOORWAARDES: BOERBOEL WEAR ‘BOERBOEL BENE’ KOMPETISIE 2023

𝗢𝗻𝘀 𝗕𝗢𝗘𝗥𝗕𝗢𝗘𝗟 𝗕𝗘𝗡𝗘 𝗸𝗼𝗺𝗽𝗲𝘁𝗶𝘀𝗶𝗲 𝗶𝘀 𝗛𝗜𝗘𝗥!

Skryf in en staan ‘n kans om die nuwe stel bene van Boerboel Wear te word en pryse ter waarde van R21 000,00* los te slaan.

𝐏𝐫𝐲𝐬𝐞 𝐬𝐥𝐮𝐢𝐭 𝐢𝐧:

  • R5000 kontant.
  • Boerboel Wear produkte ter waarde van R3000.
  • ‘n Professionele fotosessie ter waarde van R4500, geborg deur Anthony Horak.
  • ‘n Geskenkbewys van Dermology ter waarde van R4000.
  • Stilering vir die fotosessie deur Ashley Palmer Makeup ter waarde van R1500
  • Twee nagte se luukse verblyf vir twee by Bastion House – Irene ter waarde van R3000.

BEPALINGS EN VOORWAARDES:

  1. Aanbieding – Hierdie kompetisie word deur Boerboel Wear PTY (LTD) aangebied en is oop vir alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 16 jaar, sowel as Namibiërs bo die ouderdom van 16 jaar.
  2. Aanvaarding – Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van ‘n inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir alle deelnemers, sowel as die wenners.
  3. Die wenners sal verantwoordelik wees vir alle reiskostes om beskikbaar te wees vir ‘n voldag fotosessie wat in Pretoria sal plaasvind.
  4. Om in te skryf¸ stuur ‘n e-pos met een gesigfoto en een vollengte foto van jouself, tesame met jou kontakbesonderhede, plek van woning en ouderdom na: [email protected]
  5. Geen direkteur, lid, vennoot, werknemer of agent van Boerboel Wear (enige iemand wat regstreeks of indirekte reklame vir die kompetisie doen, dit borg, organiseer of bestuur, of tot wie se voordeel die kompetisie gepromoveer, geborg, georganiseer of bestuur word) mag vir hierdie kompetisie inskryf nie. Dit sluit ook enige verskaffers van goedere of dienste wat met ’n kompetisie verband hou in.
  6. Kategorie 1 is vir die Bulle vanaf ouderdom 16 jaar.
  7. Kategorie 2 is vir Asters vanaf ouderdom 16 jaar.
  8. Inskrywingsfoto’s word die eiendom van Boerboel Wear en kan gebruik word op Boerboel Wear se Facebook, Instagram en TikTok platforms.
    Wenners sal eers telefonies in kennis gestel word, waarna dit op Facebook en Instagram bekend gemaak sal word – TikTok is nie uitgesluit nie.
  9. Die wenners sal toestem dat die betrokke foto’s gebruik kan word op Boerboel Wear se sosiale media platforms, sowel as in enige ander advertensies van Boerboel Wear wat op enige ander platform/kanaal mag verskyn.
  10. Die finale VIER finaliste, in elke kategorie, word deur Boerboel Wear self gekies, waarna die publiek vir die finale wenner op Boerboel Wear se Facebook en Instagram platforms sal stem.
  11. As die wenners hulself op enige manier handhaaf wat nie inlyn is met die etos van Boerboel Wear nie, sal hulle gediskwalifiseer word en ‘n naaswenner sal gekies word. In so ‘n geval sal alle pryse ten volle terug besorg word aan Boerboel Wear, waarna dit aan die naaswenner oorhandig sal word.
  12. Indien jy die wenner is, gee jy toestemming dat jou naam gepubliseer mag word en dat Boerboel Wear jou foto’s kan gebruik ten alle tye. As wenner word daar ook van jou verwag, om binne redelike perke, ons produkte te onderskryf en te promoveer waarvoor GEEN vergoeding betaalbaar sal wees nie.
  13. Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van ‘n inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers.
  14. Boerboel Wear PTY (LTD), sowel as die borge, is nie verantwoordelik vir ENIGE BESERINGS OF SKADE van enige aard wat voortspruit, tydens of na die afloop van die kompetisie vir enige deelnemer/wenner van hierdie kompetisie nie.
  15. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie en is nie oordraagbaar nie.
  16. Die afsnydatum vir hierdie kompetisie is om middernag, 16 Junie 2023. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  17. Die vier finaliste in elke kategorie sal kort daarna op ons sosiale media platforms verskyn, waarna die publiek vir die wenner kan stem. Die wenners word op 12 Augustus 2023 bekend gemaak.
  18. Die uitslag van die publiek se beslissings is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  19. Deelnemers moet verkieslik inwoners van Suid-Afrika wees vir logistieke redes. As jy egter woonagtig in Namibië is en graag wil inskryf vir die kompetisie, let daarop dat jy vir alle reiskostes verantwoordelik sal wees sou jy as ‘n wenner van die kompetisie gekies word. Maak dus seker dat jou paspoort in orde is, alvorens jy inskryf.
  20. Daar word verwag van die finaliste, hulle vriende en familie om op te tree in die gees van goeie sportmanskap. Enige kommentaar of inmenging in die stemproses wat onvanpas of onwelvoeglik is, sal nie geduld word nie en mag lei dat ‘n finalis gediskwalifiseer kan word.
  21. Geen finaliste het die reg om enige persverklarings uit te reik sonder die toestemming van Boerboel Wear nie.
  22. Boerboel Wear behou die reg om die bepalings en voorwaardes vir die kompetisie te wysig ten enige tyd en sal dit op hierdie betrokke blad publiseer – www.boerboelwear.co.za.